Waarin Ons Glo

Ons Glo in die Belydenis Grondslag van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië

Ons glo in God Drie-enig.

Een Wese wat bestaan in Drie ewige en gelyke Persone (die Vader, die Seun en die Heilige Gees) wat almal in volle eenheid saamwerk ten opsigte van die skepping, ons verlossing en die voortbestaan van alles.

Ons glo aan ‘n heilige algemene Christelike kerk

En die gemeenskap van die heiliges.

Ons Gereformeerde grondslag:

Ons onderskryf die Belydenis Skrifte van die Gereformeerde Kerke nl die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leerreels en Westminister Confession.